2 Ek het die verantwoordelikheid om die stad te regeer aan twee persone opgedra: my broer Hanani en Hanania, die bevelvoerder van die fort. Hanania was ’n baie meer betroubare en godvresende man as enige van die ander.
3 “Moenie Jerusalem se hekke oopmaak voordat die son eers behoorlik skyn na sonop nie. Julle moet ook die hekke deeglik toesluit voordat die hekwagte met sononder van diens af gaan. Stel die wagte aan uit die inwoners van Jerusalem. Party van hulle moet by spesifieke wagposte wagstaan en ander moet voor die huise staan waarin hulle bly,” het ek vir hulle gesê.
4 Jerusalem was ’n groot en uitgestrekte stad, maar die inwonertal was baie klein. Die paar huise wat daar was, was oor die hele stad versprei.
5 God het my toe die idee gegee om die mense, die gewone inwoners, die vooraanstaande inwoners en hulle leiers bymekaar te laat kom sodat ek hulle amptelik kon registreer. Ek het die register met die name van dié wat eerste uit ballingskap teruggekom het, in die hande gekry en hierdie is die inligting wat daarin was:
6 “Hier volg ’n lys van die mense uit die provinsie Juda wat teruggekom het uit die ballingskap waarheen Nebukadnesar, die koning van Babel, hulle weggevoer het. Hulle het teruggekom na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe.
7 Hulle leiers was: Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Die aantal mense van die volk Israel wat teruggekom het uit die ballingskap, ingedeel volgens hulle families, was:
8 Paros 2 172,