Nehemia 8:4-10 DB

4 Hy het op die plein voor die Waterhek gestaan en van dagbreek tot vroeg die middag vir hulle gelees. Die mense het aandagtig geluister na wat hy vir hulle gelees het.

5 Esra het op ’n houtverhoog gestaan wat spesiaal vir hierdie geleentheid gemaak is. Daar was ook ander mense saam met hom op die verhoog. Aan sy regterkant was dit Mattitja, Sema, Anaja, Urija, Gilkija en Maäseja. Aan sy linkerkant was dit Pedaja, Misael, Malkija, Gasum, Gasbaddana, Sagaria en Mesullam.

6 Almal kon Esra mooi sien waar hy op die verhoog voor hulle gestaan het. Toe hy die wetboek oopmaak om te begin lees, het almal uit respek vir die Here opgestaan.

7 Esra het die Here, die groot God, geprys. Al die mense het hulle hande omhoog gehou en geantwoord met: “Amen, amen.” Daarna het hulle in aanbidding laag op die grond voor die Here gekniel.

8 Die Leviete Jesua, Bani, Serebja, Jamin, Akkub, Sabbetai, Hodija, Maäseja, Kelita, Asarja, Josabad, Ganan en Pelaja het die wet vir die mense verduidelik terwyl hulle daar staan en luister het.

9 Hulle het God se wetboek voorgelees en die mense gehelp om die betekenis daarvan te verstaan.

10 Toe die mense besef wat die voorskrifte van die wet vir hulle beteken, het hulle begin huil. Nehemia die goewerneur, Esra die priester en kenner van die wetboek van Moses, en die Leviete wat besig was om die wet vir die mense te verduidelik het vir hulle gesê: “Moenie huil en hartseer wees nie. Hierdie dag behoort aan die Here. Op hierdie dag maak julle ’n nuwe begin voor die Here julle God. Dit is sy nuwe dag!