12 Bedags het U met ’n wolkkolom voor hulle uitgetrek om vir hulle die pad te wys en snags met ’n kolom van vuur, sodat hulle nie verdwaal het nie.
13 U het afgekom uit die hemel na die berg Sinai toe en uit u woonplek met hulle gepraat. Die opdragte wat U vir hulle gegee het, was nie moeilik om te gehoorsaam nie. U wette is vir altyd waar en geldig.Dit wat U voorskryf, is goed en reg.
14 U het hulle geleer wat U van hulle verwag op die sabbat. U het u wil baie duidelik in die gebooie en in al u ander wette bekendgemaak deur u dienaar Moses.
15 Toe hulle honger was, het U vir hulle brood uit die hemel gegee. Toe hulle dors was, het U water uit ’n rots laat stroom waarvan hulle kon drink. U opdrag aan hulle was om die land wat U aan hulle belowe het, in besit te gaan neem.
16 Maar ons voorvaders was verwaand en hardkoppig.Hulle het geweier om te doen wat U sê.
17 Hulle wou nie luister nie.Hulle het vergeet van al die wonderwerke wat U langs die pad gedoen het.Hulle was vasbeslote om terug te gaan Egipte toe om weer slawe te wees.Maar, God, U is bereid om te vergewe.U is vol goedheid en ontferming,U tree met deernis en liefde op.Daarom het U hulle nie aan hulle eie lot oorgelaat nie.
18 Selfs toe hulle vir hulle ’n afgodsbeeld gemaak het in die vorm van ’n kalfen gesê het: “Hier is jou god wat jou uit Egipte gered het!”en die vieslikste goed aangevang het,