3 Hulle het net so bly staan terwyl die wet van die Here hulle God drie ure lank aan hulle voorgelees is. Toe het hulle daarna nog drie ure lank hulle sonde voor die Here hulle God bely en Hom aanbid.
4 Op die verhoog het die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani hardop tot die Here hulle God gebid.
5 Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Prys die Here julle God. Hy ken geen begin of einde nie! U groot Naam moet geprys word. U roemryke Naam is verhewe bo alle lof en roem.”
6 U, Here, U is die enigste Here!U het die hemel met al sy sterre en planete gemaak.Ook die aarde met al sy bewoners en die see met alles daarin.U gee lewe.Daarom buig die hemelse skare in aanbidding voor U.
7 U, Here, is die God wat vir Abram geroep het, U het hom laat wegtrek uit Ur van die Galdeërs uit en hom die naam Abraham gegee.
8 Toe U sien dat hy U alleen gedien het,het U met hom ’n ooreenkoms aangegaandat U die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete,die Feresiete, die Jebusiete en die Girgasieteaan hom en sy kinders sou gee.U het u woord gehou omdat U onder alle omstandighede betroubaar is.
9 U het gesien hoe ons voorouers in Egipte gely het.U het gehoor toe hulle ernstig om hulp geroep het by die Rietsee.