9 U het gesien hoe ons voorouers in Egipte gely het.U het gehoor toe hulle ernstig om hulp geroep het by die Rietsee.
10 U het asemrowende wonders gedoen wat die farao, sy werkers en sy volk stomgeslaan het,want U het geweet dat hulle u volk sonder enige respek behandel. Daardeur het U vir U ’n groot en roemryke reputasie opgebou wat tot vandag toe onthou word.
11 U het vir hulle ’n pad deur die see gemaaksodat hulle droogvoets daardeur kon loop.Maar hulle vyande wat hulle agtervolg het,het U in dieselfde see laat verdrink.U het hulle soos ’n klip na die bodem toe laat sink.
12 Bedags het U met ’n wolkkolom voor hulle uitgetrek om vir hulle die pad te wys en snags met ’n kolom van vuur, sodat hulle nie verdwaal het nie.
13 U het afgekom uit die hemel na die berg Sinai toe en uit u woonplek met hulle gepraat. Die opdragte wat U vir hulle gegee het, was nie moeilik om te gehoorsaam nie. U wette is vir altyd waar en geldig.Dit wat U voorskryf, is goed en reg.
14 U het hulle geleer wat U van hulle verwag op die sabbat. U het u wil baie duidelik in die gebooie en in al u ander wette bekendgemaak deur u dienaar Moses.
15 Toe hulle honger was, het U vir hulle brood uit die hemel gegee. Toe hulle dors was, het U water uit ’n rots laat stroom waarvan hulle kon drink. U opdrag aan hulle was om die land wat U aan hulle belowe het, in besit te gaan neem.