13 As ’n dwaas begin praat, hoor jy sommer die domheid. Hoe meer hy praat, hoe waansinniger word dit.
14 ’n Dwaas praat aanmekaar, maar niemand weet wat môre of na die dood gaan gebeur nie. Daarom is dit beter om stil te bly.
15 Die dwaas maak hom so moeg met sy gepraat dat hy nie eens die pad huis toe kan kry nie.
16 Dit gaan sleg met die land wie se regeerder ’n kind is en wie se raadgewers vroegdag al begin partytjie hou.
17 Gelukkig is die land wie se koning die regte dinge doen en wie se leiers op die regte tyd met die fees begin en dit met waardigheid en sonder dronkgelag kan vier.
18 Luiheid veroorsaak dat die dak begin insak en dat dit aanmekaar lek.
19 ’n Fees maak jou gelukkig en wyn beur jou op, maar albei kos geld.