3 ’n Dwaas leef op so ’n manier dat almal sy dwaasheid agterkom.
4 As die regeerder hom vir jou vererg, moet jy nie jou goed vat en loop nie. Bly eerder kalm sodat die situasie nie vererger nie.
5 Daar is een slegte ding wat ek in die lewe gesien het en wat my bly hinder. En dit is iets wat magsfigure doen.
6 Hulle stel dwase mense in hoë posisies aan terwyl die ware kundiges vernederende werkies moet verrig.
7 Ek het slawe op perde gesien, terwyl vername mense soos ’n slaaf met hulle voete moes loop.
8 Wie ’n gat vir iemand anders grawe, kan self daarin val. Wie ’n muur afbreek, kan deur ’n slang gepik word.
9 Wie stene losbreek, kan beseer word. Wie hout kap, kan seerkry.