7 Dan word die mens weer stof soos vroeër, en sy lewensasem gaan terug na God toe waar dit vandaan gekom het.
8 Die lewe is sinloos. Absoluut sinloos, so sê die Prediker.
9 Die Prediker het baie van die lewe af geweet. Hy het aangehou om die mense te leer. Hy het baie gestudeer, die lewe nagevors en talle spreuke neergeskryf.
10 Hy het probeer om fyn te formuleer en dinge te beskryf soos dit was.
11 Sy woorde was soos ’n skerp stok waarmee ’n mens diere aanjaag. En sy spreuke was soos spykers wat voortdurend ingeslaan moet word. Sy woorde was betroubaar omdat dit van God af kom.
12 Die Prediker het gesê: “My seun, aan boeke skryf kom daar nooit ’n einde nie. Baie studie put ’n mens uit.”
13 Een ding bly nog oor, en dit is dat almal God moet vrees en sy voorskrifte moet gehoorsaam.