11 Toe het ek alles wat ek gedoen het, krities begin ondersoek. Oor my werk en inspanning het ek baie nagedink. En ek het besef dat alles sinloos is. Dit is bloot net ’n mors van tyd. In hierdie wêreld is daar absoluut géén sin nie.
12 Ter wille van my opvolger het ek toe besluit om goed na te dink oor die nut van wysheid en dwaasheid.
13 En my slotsom? Soos ’n lig in die donker beter is as niks nie, so is wysheid beter as domheid.
14 ’n Wyse kan dus sien waar om te loop en die dwase nie. Een ding het ek egter ontdek: dieselfde lot tref wyse en dwase mense.
15 En ek het hiermee geworstel. As dieselfde dinge met die wyse én die dwase gebeur, wat is dan die sin van al my wysheid? Ek het toe besef daar is geen sin nie. Die lewe is absoluut sinloos.
16 Die wyse en die dwase gaan albei die een of ander tyd sterf. En die mense gaan die wyse gou vergeet en die dwase ook nie lank onthou nie.
17 Die lewe het vir my alle betekenis verloor, want niks op aarde het sin nie. Alles is sinloos en net ’n gejaag agter wind aan.