1 Alles gebeur op ’n bepaalde tyd. Alles in die lewe is vooraf bepaal: •
2 daar is ’n tyd om gebore te word en daar is ’n tyd om dood te gaan;daar is ’n tyd om te plant en daar is ’n tyd om weer die plante uit te trek; •
3 daar is ’n vasgestelde tyd om dood te maak en daar is ook ’n tyd om gesond te maak; daar is ’n tyd om dinge af te breek en ’n tyd om dit te herstel;•
4 daar is ’n tyd wanneer ’n mens hartseer is en dan is daar ook weer ’n tyd vir vreugde; daar is ’n tyd om te huil en ’n tyd om weer gelukkig te wees;•