17 Ek het gedink daar is ’n tyd om te oordeel en ’n tyd om te straf, en dat God mense wat doen wat Hy sê en sondaars billik sal oordeel.
18 Maar dit sal ongelukkig nie gebeur nie, want volgens God is ons niks beter as ’n dier nie.
19 Wat met ’n mens gebeur, gebeur ook met ’n dier. Die een gaan net soos die ander dood. Albei het dieselfde asem. Die mens is nie beter as die dier nie. Die lewe is regtig sinloos.
20 ’n Dooie mens en ’n dooie dier gaan na dieselfde plek toe terug. En dit is die stof waaruit albei gemaak is.
21 Wie weet of die mens se asem opstyg en of die dier s’n in die aarde in wegsink?
22 Die lewe het my geleer dat die mens dit waarmee hy hom elke dag besig hou, maar moet geniet. Hy kan eintlik nie iets anders nie, want niemand weet wat hierna in die dood gaan gebeur nie.