4 daar is ’n tyd wanneer ’n mens hartseer is en dan is daar ook weer ’n tyd vir vreugde; daar is ’n tyd om te huil en ’n tyd om weer gelukkig te wees;•
5 daar is ’n tyd om mekaar lief te hê en ’n tyd om weg van mekaar te wees;daar is ’n tyd om mekaar te liefkoos en ’n tyd wanneer liefkosing nie pas nie; •
6 daar is ’n tyd om te soek en ’n tyd om goed te laat wegraak;daar is ’n tyd om op te gaar en ’n tyd om weg te gooi;•
7 daar is ’n tyd om iets te skeur en ’n tyd om dit heel te maak;daar is ’n tyd om te praat en ’n tyd om stil te bly; •
8 daar is ’n tyd vir liefhê en ’n tyd vir haat;’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.
9 Watter voordeel kry ’n mens dan op die ou end uit al sy harde werk?
10 God het vir mense ’n baie moeilike werk gegee. Hulle moes probeer om God se werk te verstaan.