2 Ek beny daardie mense wat klaar dood is, want hulle is beter daaraan toe as dié wat nog leef.
3 Van almal is die mense wat nog nie gebore is nie, die gelukkigste, want hulle het nog nie al die slegte dinge op aarde gesien nie.
4 Ek het ook agtergekom waarom mense soms so hard werk. Dit is uit jaloesie omdat mense mekaar niks gun nie. Sulke arbeid is absoluut sinloos. Dis niks anders as ’n gejaag agter wind aan nie.
5 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan.
6 Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop.
7 Ek het ook iets anders in die lewe gesien wat geen sin maak nie.
8 En dit is ’n man wat ongetroud is en geen seun of broer het nie. Elke dag werk hy hard. Alles wat hy sien, koop hy vir homself. Vir wie sloof hy hom nou af? Wie gaan alles geniet wat hy bymekaarmaak? Die lewe is sinloos, absoluut sinloos.