15 In my sinlose lewe het ek gesien dat goeie mense vroeg doodgaan, terwyl slegte mense lank leef. Dit maak nie eintlik saak of jy goed of sleg leef nie.
16 Moet daarom nie te goed of te regverdig wil wees nie, want jy kan jouself vernietig.
17 Moet ook nie te sleg of te onregverdig leef nie, want dan kan jy dalk te vroeg doodgaan.
18 Kry ’n middeweg, anders word die lewe ondraaglik. Leef met respek vir God, dan sal jy weet hoe om te leef.
19 Wysheid en die insig hoe om reg te leef maak ’n mens sterker as die magtigste leiers.
20 Niemand doen net goed sonder om ook verkeerd te doen nie.
21 Moenie na alle skinderpraatjies luister nie, want dan moet jy dalk jou werkers se beledigings aanhoor.