19 Wysheid en die insig hoe om reg te leef maak ’n mens sterker as die magtigste leiers.
20 Niemand doen net goed sonder om ook verkeerd te doen nie.
21 Moenie na alle skinderpraatjies luister nie, want dan moet jy dalk jou werkers se beledigings aanhoor.
22 Onthou, jy het ook al baie keer mense beskinder en beledig.
23 Ek het al my kennis en insig gebruik om die lewe te verstaan, maar ek kon nie.
24 Wie weet wat die sin van die lewe is? Dit is te moeilik vir ’n mens om te ontdek.
25 Ek het toe weer begin studeer en navorsing oor wysheid en dwaasheid gedoen. Ek wou weet hoe ’n mens moet leef en wat die gevolg van ’n slegte lewe is.