3 Hartseer is beter as om te lag. Agter ’n strak gesig skuil soms ’n diep insig in die lewe.
4 Iemand wat net geluk najaag, is dwaas. ’n Wyse weet geluk is onmoontlik. Daarom dink hy baie aan die einde.
5 Dit is beter dat wyse mense jou kritiseer as dat dommes heeltyd jou lof besing.
6 Soos die knetterklanke van brandhout in ’n vuur, so klink die gelag van ’n dwaas. Dit is sinloos en irriteer ’n mens net.
7 Iemand wat dink hy is wys, maar ander afpers, is dwaas. En ’n omkoopgeskenk kan jou vernietig.
8 Die einde van ’n saak is baie beter as die begin. En geduld is beter as om vol van jouself te wees.
9 Beheer jouself en moenie jou humeur verloor nie; dit is net dwase mense wat so maak.