5 Dit is beter dat wyse mense jou kritiseer as dat dommes heeltyd jou lof besing.
6 Soos die knetterklanke van brandhout in ’n vuur, so klink die gelag van ’n dwaas. Dit is sinloos en irriteer ’n mens net.
7 Iemand wat dink hy is wys, maar ander afpers, is dwaas. En ’n omkoopgeskenk kan jou vernietig.
8 Die einde van ’n saak is baie beter as die begin. En geduld is beter as om vol van jouself te wees.
9 Beheer jouself en moenie jou humeur verloor nie; dit is net dwase mense wat so maak.
10 Moet nooit vra waarom dit in die goeie ou dae beter was as nou nie, want dit is nie ’n goeie vraag nie.
11 Om baie te besit en ook te weet hoe om reg te leef is wonderlik.