1-2 Baie lank terug, in die tyd van die rigters voor Israel nog ’n koning gehad het, was daar hongersnood in die land. In dié tyd was daar ’n man met die naam Elimeleg. Hy het uit die gebied Efrata in die omgewing van Betlehem in Juda gekom. Hy het sy vrou, Naomi, en hulle twee seuns, Maglon en Kiljon, gevat en ’n tyd lank in die land Moab gaan bly. Terwyl hulle daar gebly het,
3 is Elimeleg dood. Naomi en haar twee seuns het toe alleen in die vreemde land agtergebly.
4 Die twee seuns het met twee Moabitiese meisies, Orpa en Rut, getrou. Omtrent tien jaar later
5 is Maglon en Kiljon ook dood. Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab.