1 Slegte tye wag vir Jerusalem. Die mense van die stad is opstandig. Hulle is sleg en misbruik hulle eie mense. Hulle is nie vry mense nie.
2 Hulle luister nie na die Here nie en wil nie reggehelp word as hulle verkeerd doen nie. Hulle vertrou nie die Here nie en dien Hom ook nie.
3 Die amptenare in die stad behandel gewone mense sleg en buit hulle uit. Die regters tree onregverdig op en is gulsig. Hulle kyk net heeltyd wat hulle uit ander mense kan kry en dink net aan hulleself.
4 Die profete tree onverantwoordelik op, ’n mens kan nie glo wat hulle sê nie. Die priesters het nie respek vir die tempel waarheen mense kom om die Here te aanbid nie. Hulle verdraai ook die opdragte van die Here na hulle smaak.
5 Maar ten spyte van al hierdie verkeerde dinge, bly die Here nog in die stad. Hy doen nooit enige verkeerde dinge nie. Elke dag, sonder uitsondering, sorg die Here dat mense weet wat reg is, selfs al steur mense hulle nie daaraan nie. Feit van die saak is, hierdie slegte mense kry mos op geen manier skaam vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie.