4 Baie geld help maar min wanneer probleme jou oorval. Wie die Here ken, word van die dood gered.
5 ’n Gelowige vir wie die Here ’n werklikheid is, leef reg. Slegte mense se verkeerde dade verwoes hulle.
6 ’n Gelowige se verhouding met die Here help hom om krisisse te oorleef. Ongelowiges is die gevangenes van hulle eie begeertes.
7 Wanneer ’n ongelowige doodgaan, sterf hy sonder enige hoop; al die drome en verwagtings wat hy lewenslank gekoester het, is dadelik daarmee heen.
8 Hulle wat die Here ken, word in moeilike tye gehelp. Ongelowiges raak net meer en meer in hulle probleme verstrik.
9 ’n Ongelowige verwoes ander met sy woorde. ’n Gelowige wat die lewe ken, se woorde help ander wat in die moeilikheid is.
10 As dit met die gelowige goed gaan, is almal baie bly. As ’n slegte mens doodgaan, klink daar oral uitroepe van blydskap op.