19 Mooi woorde verloor nooit hulle krag nie. Leuentaal is waardeloos. Woorde wat nie opreg is nie, beteken niks nie.
20 Wie net altyd slegte planne teen ander beraam, is ’n bedrieër. Hy is ’n diep ongelukkige mens. Wie ander liefhet, ervaar groot vreugde.
21 ’n Gelowige sal nie swaarkry nie. ’n Slegte mens se ellendes ken geen einde nie.
22 Die Here haat ’n spul liegstories. Hy is lief vir mense wat die waarheid praat.
23 ’n Slim mens is beskeie oor al sy kennis. Dom mense blaker die min wat hulle weet, vir almal uit.
24 Mense wat hard werk, bereik hulle doel. Hulle kom bo uit. Luies bly lewenslank ander se vloerlappe.
25 Bekommernis versuur jou lewe. ’n Bemoedigende woord van ’n gelowige maak jou gelukkig.