1 Eerder ’n arme wat die Here ken, as ’n ryke sonder enige wysheid. Hy sê en doen die domste dinge.
2 Dink voordat jy begin. ’n Haastige mens wat nie dink voordat hy optree nie, misluk.
3 Eiesinnigheid kan mens se planne vernietig. Daarna blameer hy die Here vir sy ellende.
4 Waar daar geld is, is daar altyd baie vriende. Baie geld maak baie vriende. ’n Arme word selfs deur sy beste vriend verlaat.
5 Iemand wat doelbewus vals stories versprei, sal nie ongestraf bly nie. Elke leuenaar sal aan die pen ry.