7 Iemand in ’n groot finansiële verknorsing staan alleen. Sy eie familie vermy hom. Sy vriende wil niks met hom te doen hê nie. Beloftes van hulp word gou vergeet.
8 ’n Gelowige lewenstyl verryk ’n mens. Insig verleen kwaliteit aan die lewe.
9 Onder kruisverhoor word ’n vals getuie gou vasgetrek. ’n Leuenaar sal nie maklik loskom nie.
10 Rykdom pas darem nie by ’n dwaas nie. Ewe onvanpas is die verterende ambisie van ’n jongman om oor ander te heers.
11 Iemand wat sy humeur in toom hou, is slim. Wie hulle vergewe wat hom beledig, word deur almal gerespekteer.
12 ’n Woedende baas kan soos ’n brullende leeu wees. Almal om hom wil hy verskeur. As sy bui bedaar, is hy weer so mak soos ’n lammetjie.
13 ’n Ongelowige seun wat nie weet hoe om reg te leef nie, kan sy ouers in ellende dompel. Iemand wat voortdurend karring, is so irriterend soos ’n dak wat op ’n reëndag drup.