2 Die woedebuie van ’n regeerder is net so angswekkend soos ’n grommende leeu. Wie hom teëgaan, kan sy lewe verloor.
3 ’n Wyse mens bly weg van rusies en ’n gestry. Dit is net ’n dwaas wat sy neus oral insteek.
4 Lui mense gaan ook in die môre werk toe. Daar doen hulle net mooi niks, maar aan die einde van die maand wil hulle geld hê.
5 Wat mense dink, is ’n geslote boek. Niemand weet wat in hulle koppe aangaan nie. Net iemand met ’n fyn aanvoeling vir mense verstaan iets daarvan.
6 Egte vriendskap is skaars. Baie sê hulle is jou vriend, maar min sal jou deur dik en dun ondersteun.
7 ’n Gelowige is ’n mens op wie jy kan reken. Hy doen wat hy glo. Sy kinders kan bly wees hieroor, want hulle het ’n voorbeeld om na te volg.
8 ’n Leier met baie lewenswysheid sien verkeerde dinge maklik raak. Hy het die mag om verkeerde dinge te stop.