6 Egte vriendskap is skaars. Baie sê hulle is jou vriend, maar min sal jou deur dik en dun ondersteun.
7 ’n Gelowige is ’n mens op wie jy kan reken. Hy doen wat hy glo. Sy kinders kan bly wees hieroor, want hulle het ’n voorbeeld om na te volg.
8 ’n Leier met baie lewenswysheid sien verkeerde dinge maklik raak. Hy het die mag om verkeerde dinge te stop.
9 Wie is sonder sonde? Wie kan sê dat hy altyd net aan die goeie dink? Wie doen altyd die regte dinge op die regte tyd?
10 Die Here haat dubbele standaarde. Besighede wat mense kul of minderwaardige produkte verkoop, is vir die Here ’n gruwel.
11 ’n Gelowige word aan sy vrugte geken. Dade spreek harder as woorde.
12 Om te kan hoor en sien is gawes van die Here.