17 Wie niks doen nie en net partytjie hou, sal nooit geld hê nie. Wie net lekker wil eet en drink, verwaarloos sy werk. Hy sal nooit ryk wees nie.
18 Die Here straf slegte mense, maar help die gelowige. Hy vernietig die ongelowige, maar seën dié wat in Hom glo.
19 Dis beter om eenkant en alleen te bly as by mense wat graag stry en aanhou neul.
20 ’n Wyse mens het ’n fyn smaak. Hy ken die waarde van dinge en pas sy besittings mooi op. ’n Dom mens verwaarloos en vernietig alles.
21 Wie reg lewe en mense liefhet, het die lewe. Mense sal hom eer en respekteer.
22 ’n Wyse kyk deur mense se magspeletjies. Hulle groot planne en agteraf skemas vernietig hy.
23 Wie sy mond hou en sy tong beheer, bly uit die moeilikheid.