2 Elke mens dink hy doen altyd die regte ding. Die Here weet wat in elke mens se hart omgaan.
3 Om die regte dinge te doen en te sê is vir die Here baie belangriker as ’n groot dankoffer.
4 Dit is verkeerd om baie van jouself te dink en op ander neer te sien. Wie daarmee aanhou, kan later nie meer verander nie.
5 Goeie beplanning bring sukses. Oorhaastige optrede kan jou duur te staan kom.
6 Geld wat vinnig en oneerlik gemaak is, bring nie geluk nie. Wie dit doen, draai homself in die strikke van die dood vas.
7 Mense wat heeltyd net verkeerde dinge doen, vernietig hulleself. En dit net omdat hulle weier om reg te leef.
8 ’n Slegte mens se lewe is maar krom en skeef. Die gelowige weet hoe om reg te leef.