20 ’n Wyse mens het ’n fyn smaak. Hy ken die waarde van dinge en pas sy besittings mooi op. ’n Dom mens verwaarloos en vernietig alles.
21 Wie reg lewe en mense liefhet, het die lewe. Mense sal hom eer en respekteer.
22 ’n Wyse kyk deur mense se magspeletjies. Hulle groot planne en agteraf skemas vernietig hy.
23 Wie sy mond hou en sy tong beheer, bly uit die moeilikheid.
24 ’n Arrogante mens se naam stink. Iemand wat vermetel optree en niemand in ag neem nie word verwerp.
25 ’n Luiaard leef in ’n droomwêreld. Hy begeer so baie dinge, maar is nie in staat om hard te werk en geld te verdien nie.
26 ’n Lui mens dink heeldag lank net aan sy eie selfsugtige begeertes. ’n Gelowige gee baie vir ander mense.