1 ’n Goeie naam is beter as geld. Ander se liefde is kosbaarder as groot rykdom.
2 Ryk en arm kan ook saamwoon. Die Here het hulle immers albei geskep.
3 ’n Slim mens weet wanneer gevaar dreig. Hy weet hoe om dit te vermy. ’n Dom mens ken nie die lewe nie. Hy sukkel maar net aan.
4 Mense wat die Here liefhet en nederig lewe, geniet respek en die goeie dinge van die lewe.
5 Verkeerde dinge lyk mooi, maar die uiteinde is bitter. ’n Wyse bly ver weg van sulke dinge af.
6 Leer ’n kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy oudag toe reg leef.
7 ’n Ryke heers oor die armes wat hom geld vra. ’n Lener is die slaaf van die een by wie hy leen.