20 Ja, alles is net vir jou geskryf. Goeie raad vir ’n gelukkige lewe!
21 ’n Groot hulp om tussen waarheid en leuens te onderskei. ’n Wonderlike hulpmiddel om ’n mens met integriteit te wees.
22 Moenie ’n arm mens uitbuit omdat hy weerloos is nie. Moenie die behoeftiges wat om hulp roep, in die grond in trap nie.
23 Onthou, die Here is aan hulle kant. Hy veg vir hulle. En Hy straf almal wat hulle verneder.
24 Pas op vir mense met ’n slegte humeur. Bly uit die pad van ’n wraaksugtige mens.
25 Moet tog nooit soos hulle word of in hulle aaklige strikke beland nie.
26 Dink mooi voordat jy ’n kontrak sluit. Moenie vir ander se skuld borg staan nie. Jy kan in groot skuld beland.