25 Moet tog nooit soos hulle word of in hulle aaklige strikke beland nie.
26 Dink mooi voordat jy ’n kontrak sluit. Moenie vir ander se skuld borg staan nie. Jy kan in groot skuld beland.
27 As jy nie geld het om te betaal nie, sal jy nog so lekker slaap, dan verkoop hulle jou bed onder jou uit.
28 Moenie aan grensdrade torring nie. Plase se grense is deur die voorgeslagte bepaal. Ander se eiendom moet gerespekteer word.
29 Ken jy ’n goeie vakman wat hard en getrou werk? Hy is by almal in aanvraag. Belangrike mense soek sy dienste. Hy sal dit nog ver bring in die lewe.