1 Sneeu in die somer pas nie. Reën op die verkeerde tyd kan rampspoedig wees. So pas eerbetoon ook nie by iemand wat nie weet hoe om reg te leef nie.
2 Al wens iemand jou slegte dinge toe, niks daarvan sal waar word nie. Soos verskrikte voëltjies wat wegvlieg, sal dit in die niet verdwyn.
3 Soos ’n sweep ’n perd op die regte pad hou, so moet ’n dom mens die regte dinge op die harde manier leer.
4 Dink baie mooi voordat jy ’n dom mens antwoord. Soms moet jy liewer stilbly. As jy iets sê, dink hy jy is ook dom.
5 Ander kere moet jy weer praat, want hy moenie dink sy nonsens is reg nie. Wys hom dan reguit op sy domheid.
6 Iemand wat ’n dom mens met ’n boodskap stuur, moet weet dat daar moeilikheid gaan kom.