19 Met wysheid het God die aarde gemaak en die hemele met insig aanmekaargesit.
20 Sy kennis het fonteine uit die dieptes laat opspring en het wolke reën gegee.
21 Jong vriend, daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie. Een is ’n begeerte om reg te leef. Die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen.
22 Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier.
23 Dan sal jy ook veilig en beskut voel.
24 Wanneer jy gaan slaap, sal jy nie bang wees nie. Jou nagrus sal goed wees.
25 Moenie vir ’n skielike krisis of ramp skrik nie. Dikwels is dit net bedoel vir slegte mense wat nie die Here liefhet nie. Jy weet mos die Here is altyd by jou.