22 Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier.
23 Dan sal jy ook veilig en beskut voel.
24 Wanneer jy gaan slaap, sal jy nie bang wees nie. Jou nagrus sal goed wees.
25 Moenie vir ’n skielike krisis of ramp skrik nie. Dikwels is dit net bedoel vir slegte mense wat nie die Here liefhet nie. Jy weet mos die Here is altyd by jou.
26 Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy sal jou beskerm.
27 Gee om vir die arme. As jy kan, moet jy nooit goed soos geld, klere en kos van die arme weghou nie.
28 Help dadelik. Moenie vir jou naaste sê om liewer môre te kom as jy hom vandag al kan help nie.