1 Hier volg nou die woorde van koning Lemuel van Massa se ma:
2 My kind, wat sal ek vir jou sê? Jy wat ek in die lewe gebring het. Jy, my gebedskind, wat ek van die Here afgesmeek het.
3 Luister mooi wat ek vir jou wil sê: Moenie jou liggaam vir ’n los vrou gee nie. Moenie dat sy jou lewe vernietig nie. Sulke vroue bring konings tot ’n val.
4 Pas op vir te veel wyn. Dit pas nie by ’n koning nie. Mense wat regeer, moet nie heeltyd na drank ruik nie.
5 Netnou drink hulle te veel en vergeet hulle hulle pligte. Kort voor lank dink hulle nie meer aan die arm mense wat hulle moet help nie.