11 Haar man reken op haar en sy beteken baie vir hom. Haar hele lewe lank is sy goed vir hom.
12 Wat nodig is vir die huis, dit kry sy.
13 Sy verrig haar dagtaak met vreugde.
14 Sy sal selfs ook buite die huis gaan werk om nog beter vir haar gesin te sorg.
15 Vroegoggend staan sy op om haar gesin te versorg. Vir elkeen het sy ’n taak vir die dag.
16 Sy het ’n oog vir ’n winskopie, maar sy dink mooi voor sy koop. Die geld wat sy so spaar, belê sy versigtig.
17 Vir harde werk is sy nie bang nie! Wat sy aanpak, maak sy klaar.