23 Omdat sy so bekwaam is, word haar man ook geëer. Almal ken hom. As hy by belangrike mense is, weet hulle wie hy is.
24 Met vaardigheid maak sy klere en verkoop dit. Mense koop graag haar handewerk.
25 Sy is geestelik sterk en tree altyd waardig op. Vir die toekoms is sy nie bang nie.
26 Haar wyse woorde help ander om reg te leef. Sy het goeie raad vir ’n gelukkige lewe.
27 Sy is in volle beheer van haar huishouding. Luiheid ken sy nie.
28 Haar kinders is dankbaar vir so ’n ma. Haar man oorlaai haar met komplimente.
29 In hierdie lewe is daar baie goeie vroue, maar hierdie vrou oortref almal.