1 Jong vriend, luister nou baie mooi na my goeie raad.
2 Leer uit my ervaring sodat jy reg kan leef en met insig kan praat.
3 Pas op vir die los vrou. Aan die begin is haar woorde so soet en aanloklik soos heuning. Met haar mooiklinkende praatjies wil sy jou vir haarself inpalm.
4 Na die opwinding bly daar egter net ’n bitter nasmaak oor. Haar bitter woorde is dan erger as gal, soos ’n skerp swaard wat jou wil verwoes.
5 Haar manier van leef maak mense geestelik dood. Sy vernietig jongmans se lewe.
6 Sy steur haar glad nie aan ’n gelukkige lewenstyl nie. Sy leef ’n lewe van totale ondergang.
7 Jong vriend, luister na my woorde. Doen dit.