18-20 En as jy soveel vreugde by jou eie vrou geniet, waarom nog die omhelsing van ’n los vrou soek? Wat kan sy jou gee wat jou eie vrou nie kan nie?
21 Elkeen van ons se lewe lê oop voor die Here. Hy ken ons doen en late.
22 Verkeerde dade vang ’n mens in aaklige strikke vas. Sonde is soos ’n tou wat jou so vasbind dat jy nooit weer los kan kom nie.
23 Uiteindelik sterf jy omdat jy sonder dissipline geleef het. Jou dwase optrede sal jou jou lewe kos.