16 Kyk, daar is ses dinge waarvan die Here niks hou nie, sewe dinge wat Hy haat.
17 Oë wat hoogmoed weerkaats, ’n tong wat leuens vertel,
18 ’n hand wat ander se ondergang bewerk, ’n hart wat net slegte dinge dink, voete wat haastig na die kwaad toe hardloop,
19 ’n vals mens wat na elke asemteug net leuens uitasem, en ’n rusverstoorder wat die liefde tussen mense wegvat.
20 Jongman, jou ouers se opvoeding is belangrik. Hou vas aan die reëls wat jy by jou pa gekry het. En jou ma se lesse moet jy nooit vergeet nie.
21 Dink gedurig daaraan sodat jy dit nooit sal vergeet nie. Of hang dit soos ’n hangertjie om jou nek sodat jy dit altyd sal onthou.
22 Jou ouers se opvoeding sal jou help om gelukkig te leef. Wanneer jy gaan slaap, sal hierdie lewenswyshede jou nie verlaat nie. As jy wakker word, sal dit jou weer opnuut wys hoe om reg te leef.