2 As jy ’n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom. Deur jou woorde en dade word jy gevang. Jy word ’n gevangene van harde besigheidsmense.
3 Probeer so vinnig moontlik uit hierdie knyptang kom.
4 Moenie eens gaan slaap nie. Steek jou trots in jou sak en gaan praat dadelik met daardie mense. Pleit. Soebat. Veg.
5 Hou aan soos ’n wildsbok in ’n strik en ’n voëltjie in ’n voëlvanger se net, totdat jy vry is.
6 Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk.
7 Sonder ’n baas wat hom moet dryf, ’n toesighouer wat sy vordering moet dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reël, werk hy dag en nag.
8 Sonder enige druk begin die miertjie al in die somer kos vir die winter opgaar. Tydens oestyd werk hy dag en nag om kos in die landerye te versamel en huis toe te dra.