11 Sy was listig, slu en geslepe. Haar huis het te klein vir haar geword. Sy moes net uit.
12 In die strate, op die markpleine en elke straathoek het sy mans ingewag.
13 Sy het die jongman vriendelik nader geroep. Sy sou alles doen om sy weerstand te breek. Haar strategie was fyn beplan, alles netjies uitgewerk.
14 Sy vertel hom hoe sy vroeër die dag by die tempel was. Sy het geoffer en haar geloftes betaal.
15 ’n Deel van die offervleis moes sy dié aand saam met ’n ander gelowige geniet. En die jongman was net die regte een. Hy moes by haar gaan eet. Hoe kon hy weier? Alles lyk dan so goed en reg.
16 Toe die jongman nog weifel, vertel sy hom van haar beddeken. Dit was nou ’n pragstuk. Kleurryk en van Egiptiese linne. Hy moes dit net sien.
17 Boonop het sy die bed met lekkerruikgoed bestrooi. Daar is geen uitkomkans nie. Hy moes gaan kyk.