15 ’n Deel van die offervleis moes sy dié aand saam met ’n ander gelowige geniet. En die jongman was net die regte een. Hy moes by haar gaan eet. Hoe kon hy weier? Alles lyk dan so goed en reg.
16 Toe die jongman nog weifel, vertel sy hom van haar beddeken. Dit was nou ’n pragstuk. Kleurryk en van Egiptiese linne. Hy moes dit net sien.
17 Boonop het sy die bed met lekkerruikgoed bestrooi. Daar is geen uitkomkans nie. Hy moes gaan kyk.
18 In die kamer kyk hy angstig rond. Dalk is haar man daar. Sy stel hom egter gerus: “Moenie bang wees nie.
19 My man is nie hier nie.
20 Hy is ver weg op ’n sakereis en sal nie gou terugkom nie.”
21 Hulle praat nog so, toe sy dit reguit sê: “Kom ons neem ons kans waar en slaap saam. Ons kan mekaar se liggame geniet, mekaar liefhê. En daar is geen haas nie. Ons kan tot vroegoggend aanhou.”