28 toe Hy die wolke hulle vaste plek gegee het, toe Hy die fonteine onder die aarde geskep het,
29 toe Hy vir die see grense gestel het (sodat die waters hulle plek sou ken), toe Hy die fondamente van die aarde bepaal het, was die wysheid al lankal daar.
30 Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n vrolike, huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel.
31 Op ’n dag het die wysheid met Adam se kinders kennis gemaak. Tot vandag toe geniet sy hierdie vrolike verhouding met sy nageslag.
32 Wysheid is oud en baie belangrik. Luister daarom na al haar voorskrifte. Maak dit alles jou eie.
33 Dit is die moeite werd. Neem elke stukkie wysheid ernstig op.
34 Wie elke dag reg wil leef, is baie gelukkig. Wie elke dag probeer om die regte dinge te doen en te sê se vreugde ken geen perke nie.