32 Wysheid is oud en baie belangrik. Luister daarom na al haar voorskrifte. Maak dit alles jou eie.
33 Dit is die moeite werd. Neem elke stukkie wysheid ernstig op.
34 Wie elke dag reg wil leef, is baie gelukkig. Wie elke dag probeer om die regte dinge te doen en te sê se vreugde ken geen perke nie.
35 Wie die wysheid sy eie maak, het die lewe gevind. Die Here is lief vir hom.
36 Wie die rug vir die wysheid draai, vernietig homself. Wie dit haat, is al klaar dood.