1 Kefa, ’n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gekoses en die pelgrims, wat verstrooid is in Pontos, Galatia, Kappadokia, Asië en Bithunia;
2 hulle wat gekies is volgens die voorkennis van God-die-Vader, deur die afsondering van die Gees sodat hulle sal wees tot gehoorsaamheid en tot besprinkeling met die bloed van Yeshua, Die Gesalfde Een: onverdiende guns en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid word vermenigvuldig vir julle!
3 Geseënd is God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat in Sy groot omgee vir ons die geboorte gegee het van bo af, deur die opstanding van Yeshua, Die Gesalfde Een, uit die dood, tot die versekerde verwagting van lewe
4 en tot ’n erfenis wat nie vernietig, besoedel of verwelk word nie, wat in die hemel vir julle voorberei word
5 terwyl julle deur die krag van God en vertroue in stand gehou word vir dié lewens wat gereed is om openbaar te word in die laaste tyd.