1 Ek beroep my op die oudstes onder julle, ek wat ’n mede-oudste en getuie van die lyding van Die Gesalfde Een is en deelgenoot is aan Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat openbaar sal word:
2 wees ’n herder vir die kudde van God wat julle volg en versorg hulle geestelik, nie uit dwang nie, maar met plesier; nie vir vuil wins nie, maar vanuit jou hele verstand, wil en emosie;
3 nie as base oor die kudde nie, maar as uitstekende voorbeelde vir hulleYeg 34:1
4 en wanneer die Hoofherder openbaar sal word, sal julle ’n onverganklike kroon van eer en lof van Hom ontvang.
5 Julle jongeres, moet aan jul oudstes gehoorsaam wees en wees almal streng aangetrek met nederigheid in julle gedagtes teenoor mekaar, want God opponeer die trotses, maar aan die nederiges gee Hy onverdiende guns.
6 Word nederig gemaak onder die kragtige hand van God sodat dit julle kan oplig op die regte tyd.Ps 55:23
7 Werp al julle bekommernisse op God, want Hy sorg vir julle.