15 want dit sê ons vir julle na aanleiding van die boodskap van ons Meester, dat ons wat in die lewe oorbly wanneer ons Meester kom, die wat dood is, nie sal vóór wees nie,
16 want Hy, ons Meester, sal vanaf die hemel afkom met ’n bevel, met die stem van die hoof engel en met die geklank van die trompet van God en dié wat in Die Gesalfde Een gesterf het, sal eerste opstaan
17 en dan sal ons wat nog in die lewe is, saam met hulle as een in die wolke ingedra word na ’n ontmoeting met ons Meester in die lug en op die manier sal ons vir altyd by ons Meester wees.
18 Versterk mekaar daarom met hierdie boodskap.