3 Wanneer hulle sal sê: “Daar is vrede en stilte,” dan sal ’n onverwagte vernietiging op hulle afkom soos geboortepyne op ’n swanger vrou
4 maar julle, broers, is nie in die duister nie sodat dié dag julle nie soos ’n dief sou oorval nie.
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag en julle is nie kinders van die nag en ook nie kinders van die duisternis nie.Efe 5:14
6 Laat ons daarom nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waaksaam en nugter wees,
7 want die wat slaap, slaap in die nag en die wat dronk is, is in die nag dronk,Yes 59:17
8 maar ons wat van die kinders van die dag is, laat ons waaksaam in ons gedagtes wees; trek voortdurend die borsplaat van vertroue en liefde aan en die helm van die versekerde verwagting van lewe,
9 want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die lewe te verkry in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;