9 en terwyl hy weet dat die geskrewe wet nie aangestel is vir die onskuldige nie, maar vir die wettelose, vir die rebelse, vir die slegte, vir die sondaars, vir die wrede mense, vir dié wat nie rein is nie, vir die wat hulle vaders en hulle moeders slaan, vir moordenaars,Lev 18:22,23; Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Kor 6:9 vir diewe van kinders wat vry is, vir leuenaars, vir hulle wat ’n eed verbreek en vir enige een wat die gesonde leer
10 vir seksuele oortreders, vir mans wat by mans lê,
11 van die goeie boodskap van die eer, lof en aanbidding tot die geseënde God, waarmee ek toevertrou is, teëstaan.
12 Ek dank Hom wat my in staat gestel het, ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, wat my vertrouenswaardig geag en in Sy bediening aangestel het;
13 vir my wat vroeër ’n kwaadprater, ’n vervolger en ’n belediger was, maar ek het omgee ontvang omdat ek in ongeloof nie verstaan het wat ek doen nie,
14 maar in my was die onverdiende guns van ons Meester oorvloedig saam met vertroue en liefde wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, is.
15 Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word, dat Yeshua, Die Gesalfde Een, na die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die voorste is,Yog 16:13